Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Desiréé

Ek wil woorde vir jou skryf …

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2016 11

ek wil in woorde vir jou skryf
die dinge wat my hart aandryf
ek wil die woorde vir jou sê
die dinge wat in my hart lê

ek sukkel, krabbel, vee weer uit
die gedagtes in my kop so luid
die woorde wat my brein my bied
wat kan ek…

Maanlig harmonie …

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2016 13

die sterre fluister woorde sag
sodra die dag maak plek vir nag
hul skitter en blink vir ewig mooi
om die hemelruim in goud te tooi

die aandwind bring die groot verlang
dis donker in my hart se gang
ek hoor die deuntjie wat hy sing
vir my, alleenmens ……

Sê nou …

Deur Datum gepubliseer: 26 Julie 2016 13

sê nou daar was ‘n pragtig’ tuin
waar feëtjies en kabouters woon
waar almal altyd gelukkig is
en Koning Sprokie troon

sê nou daar was blomme
wat altyd in massas blom
en skoenlappers in elke kleur
wat sing terwyl hul nader kom

sê nou daar was ‘n plek
waar ek jou…

My dagboek oor jou (4)

Deur Datum gepubliseer: 21 Julie 2016 15

Alles is grys vandag. Die lug, die wolke, selfs die bome. Grys soos dit in my hart voel.
Dis asof ek vanoggend nie een sonkolletjie kry om na te kyk nie. En dan waai die wind ook nog. Die bome is ook glad nie ingenome met die wind nie,…

Sikspens-liefde …

Deur Datum gepubliseer: 21 Julie 2016 13

jy gee my ‘n hart-sikspens
om my geluk te koop
met my blou kitaar oor my skouer
sal ek die pad kaalvoet loop

daar’s klippe onder my voete
maar ‘n reënboog in my hart
want in die toksak op my skouer
het jy jou hart vir my gepak

©

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 111 gaste aanlyn

Bydraes – Argief