Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Charleine

Gelofte

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2019 9

Jy neem my net soos Izak
binne-in jou hart
se tent

en ek word jou vrou,

met bloeisels van granate
oor ons bed gestrooi
en nardus op ‘n palmtak,

want in jou oë
was ek die liefde
wat jy altyd voor jou God
in teerheid sou behou.

Maar n storm ruk die flappe…

Gestroop (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 25 Augustus 2019 7

De moer in is maklik –
die adrenalien is goed,
maar dit word vinnig
en seker uitgewerk
tot net die seer
brandend
skeur deur
my hart.

Ek het gefaal en
kan niks fix –
was weer heel te lig,
want jy kan nie, het nie,
wil nie meer
jou hart aan myne knoop.

Jou woorde, my drome
is in total abandonment
vir ewig verfrommel,
verdraai deur…

Hy was toe ook bad news (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2019 11

Hy het my gefriend request,
my eerste liefde,
op facebook –
sy gesig na veertig jaar
‘n agteroorskopskok
van seer en dwarrels en vrae
van waar en wat, hoekom,
van onthou en wat kon wees –
ons vier dekades vloei,
versmelt so bitterseer
met my hart se steeds
bekende gloed.

Maar so ewe diskreet,
het hy aan my fondasies
stadig maar seker weer…

Rondte vir rondte (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 11 Julie 2019 13

Die een ou spoor was groot
en die ander spoor was klein –
hul strompel hygend langs mekaar,
so swaar op teen die duin.

As uitasems bo uitkom,
gaan hul rollend saam afgly
tot amper in die see –
gedaan en moeg gestry.

Tot bo is dit tien treë
en dan weer twintig terug.
Só lank geoefen reeds hierin

…en…

Die nes is leeg (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 11 Julie 2019 10

sy’s ingenestel op my skoot –
net drie en die sneeuste
syste sagste soenste
haartjies streel my mond

die warm van haar kop
en sekondes stil se woelwater
deurstraal en grond
my ganse wese,
is in my hart geëts

nou’s sy nie meer drie nie,
maar meer as dertig
en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 229 gaste aanlyn

Bydraes – Argief