Jongste aktiwiteit:

Charne Harding
vir

Charne Harding

Lees meer oor Charne Harding

September 2018 – Spyse vir die siel projek

2.Die siel is weer tuis 

Dora-Mari voel die sonstrale deur die venster op haar gesig val. Sy moes aan die slaap geword het. ‘n Nuwe seisoen maak mense opgewonde, hulle sê lente bring vernuwing, hoop en al die bloeisels is kos vir die siel. Sy is dus in winter vasgevang en voel lewend dood. Hoe verwerk jy jou agt jarige seun se dood aan ‘n siekte wat jy deur jou eie oë beleef het, hoe dit elke dag ‘n stukkie van jou kind weg neem. Dora-Mari se huwelik is op die rotse, soms verwerk mense dinge anders. Dit is net vir haar onmoontlik om aan te gaan en self dinge wat vir haar belangrik was beteken niks meer nie. Sy kort iets om weer betekenis vir haar te gee ‘n teken dat alles wel met ‘n doel gebeur. Haar tas is gepak en al verstaan sy glad nie hoekom nie, maar sy wil kloof toe gaan, die plek van haar voorvaders. Daar is niks absoluut niks, nie krag of enige tegnologie nie. Sy word omring deur berge, stadig ry sy met die kronkel paadjie af en sy moet bieg dis beeldskoon. “Middag, dis lekker om jou weer te sien na al die jare Dora,” groet haar klein neef wat verkies om hier tussen berge weg van die samelewing te bly. “Dankie dat julle my op kort kennisgewing ontvang, toe ek hoor Madrid kom het ek haar gevra om te reël, alhoewel ek nooit weer iets gehoor het nie,” antwoord sy moeg na die lang pad. “Bly solank jy wil,” bemoedig hy haar. Dit word pikdonker so donker dat jy gedwing word om jou oë styf toe te maak en te bid vir slaap. Vroeg oggend is daar ‘n klop aan die deur. “More, more trek aan jou tekkies ons gaan stap ek wil jou iets gaan wys, beveel die rooi baard neef haar sesuur in die oggend. Klaar vir ergerlik staan sy op en wens sy was liewer by haar huis waar sy net sal wil lê tot haar lyf oral pyn. Dora-Mari kom agter dat haar neef nie ‘n woord praat nie hy stap net en stop soms en kyk om hom rond. Hoe lank nog wonder sy en toe kom die skok hulle begin teen ‘n koppie uitklim, maar dis styl op. “Kyk,” se hy terwyl Dora-Mari nog half gebukkend uit asem tot bo sukkel. Haar oë val oor die mooiste waterval en sy word bewus van die klank wat water speel asof dit musiek is. Hy vra haar om te sit en ‘n gelooflike rustigheid val oor haar neer sy staar na die water en dink aan ‘n vers in die Bybel. ‘Ek ly jou na waterstrome waar rus is’ kom in haar kop op. Sy is moeg geloop, maar voel tog of iets binne haar gesond word. Dit begin skemer word en ‘n gelag van die paar werkers in die kloof trek haar aandag. Sy hoor musiek en dit is duidelik ‘n kitaar wat sy in die agtergrond hoor. Uit pure nuuskierigheid stap sy en loer vir hulle deur die draad wat hulle huisies omring. Sy ken die liedjie tog te goed en onthou hoe hulle saam die grootmense kon dans. “Mevrou, kom, kom sit hier by ons,” praat ‘n vrou van die anderkant van die draad. Arme Dora-Mari hop soos sy skrik en stap heel gewillig om en gaan sit op die hou stomp wat as stoel dien. Hulle dans terwyl die vuurvonke die duisternis inskiet met sterre wat van bo af loer. Een ouerige vrou gryp Dora-Mari aan die hande en maak haar saam hulle dans. Dora-Mari voel hoe sy ontspan en later lag sy net so lekker soos hulle vir haar dansbewegings. Dora-Mari gaan slaap baie laat en sy kry die vreeslikste droom. Haar seun is groot, hy lyk verwaarloos. Die polisie kom soek hom en sy sien hoe hy op die sypaadjie lê. Sy besef hy is verslaaf aan dwelms en dat hy besig is om dood te gaan. Met skok word sy wakker pap nat gesweet. Sy weet dit was ‘n teken en beteken iets. Sy trek haar tekkies aan en stap vanoggend om haar neef te gaan roep, hulle moet gaan stap. Hulle sien bokkies en die aalwyn met die mooiste rooi blom. Die bitter bring soms die mooiste tevore. Weer stap hulle tot by die waterval. “Ek het gehoor van jou seun en ek is jammer, soms verstaan ons nie, maar daar is ‘n rede vir alles wat in ons lewe gebeur,” sê hy. Sy bly stil haar siel is besig om weer tuis te kom. “Dis soos een man eendag vir my vertel het, as iemand doodgaan is dit soos ‘n skip op die see, jy sien hom as hy nog in die hawe is en later word hy al hoe kleiner hoe verder hy invaar, maar jy weet nog van hom. Die onthou gaan nooit weg nie, maar dit word beter, hy is nog daar, praat hy weer. Dora-Mari besef die droom was ‘n visioen van wat haar seun dalk sou word, maar hy was dit gespaar en is op ‘n veel beter plek. Sy het hier haarself weer kom vind. Haar siel het kos gekry, hier tussen die mooiste natuur van haar Skepper.

©Charne Harding




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Fanus Strydom het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak