Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Ch Nel Venter

Prentjies in die wolke

Deur Datum gepubliseer: 10 November 2017 13

Soms wanneer woorde stom fluister
is dit van liefde wat dit vertel.

Dit sing saggies die lied van n siel wat wink
wat uit reik na n lewe volmaak
saamwees sonder hoofletters
en koppeltekens en punte
eenvoudig, verstaan.

Ek maak prentjies met die wolke
wat my laat dink aan jou
hoekom…

Fynbos op die maan

Deur Datum gepubliseer: 10 November 2017 8

Jou hunkerende liggaam
bruin vel en sielvolle oë
omring my met onthou

Jy laat my hart glimlag
pluk fynbos in my siel
jou gelaat weerspieël liefde
lankmoedig en geduldig

Ons aanraak verskiet sterre;
maak n wens in die melkweg
laat ons droom op die maan

Jy is my skuilplek
wil vir n…

Paternoster somer son

Deur Datum gepubliseer: 25 April 2016 13

As die Kaap se fraaie winde waai en spikkels kleure saai
visserskuite in die baai tussen meeue sang afgelaai
blou-grys die patroon op skoon sand met ligroom
soos op die horison vertoon in stilte die wind bekoor

As daar vêr agter golwe biddend lê om saggies iets…

Roggel-roep nostalgie

Deur Datum gepubliseer: 25 April 2016 8

Gedagtes dwaal
daar waar jy in my
slote vorm
waar my denke draal
die sleepvoet steier
van emosies
jou saamtrek
na die afgrond
van my siele dood;
waar jy drentel
en voet vashaak val
in my elke dag se onthou –
nooit vergeet
vir altyd weet –
jy is…

Satan sang

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2016 13

Jy met jou lostorring
snymessie tong
torring al my nate los
Jy kom lê en loer
na alles wat ek doen
Jy ruik my swakhede op
Jy weet waar om jou nes te maak
in die warboel van my siel
Ek volg jou so sit-sit
maar so draai die wiel.
Torring maar satan
torring maar los
ek sal jou oorwin
maak nie…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 101 gaste aanlyn

Bydraes – Argief