Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Marianne

Winde van verander

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2021 5

Winde van verander

windlawaai stofwolke
jaag oor vlakte vaal
dooie blaar en tak
in doringdraad vas

bome kniebuig laag
blaar gestroop kaal
weerloos en droewig
in wind se huil sang

sterkste bly staan
met wortel diep
onwrikbare anker
enigste behoud

winde van verander
pluk en ruk woes
vasstaan in moed
ons hét ‘n Anker

© Marianne Buys
16 Augustus 2021 08:17

Foto Unsplash

Vryheid se verlange

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2021 1

Vryheid se verlange

velde wyd en oop
wil ek graag loop
kaalvoet en vry
ongekunsteld eg

my oë ver kan lê
op goudgeel kim
se oneindig strek
rus in oggend glim

blomprag se nektar drink
bye se goudgeel lyfies
in blomme sien woeker
stuifmeel bedek weg vlieg

waterval diamant druppels
sagte sproei teen my vel
net weer vrede se rus
in ongeskonde natuur

© Marianne Buys
6…

Hande se liefdestaal (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 25 Julie 2021 1

Hande se liefdestaal

hande se liefdestaal
gesneuwel met virus
koue glas onsigbaar
hou ons nou geskei

elkeen in eie tronk
hande wat wil raak
liefdestaal praat
smag magteloos

hoe lank nog verban
liefdestaal se aanraak
hande soekend na mekaar
om omgee te kan wys

ons nou afstandmense
vervreem van liefdestaal
hande se sagte streel
deur virus kom steel

mag ons gou weer
vreugde van omhels
diepe…

Kindjie klein (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 15 Julie 2021 2

Kindjie klein

kindjie klein alleen
die lewe se seer
op jou kom teer
vroeg al verweer

lewe se seer
jou laat vlug
van lewe se klug
weg van die druk

enigste besittings
in sak oor jou rug
dierevriend by jou
die warm in kou

soekend na omgee
waar liefde regeer
nie wrede harte
wat brose vertrap

Jesus roep kindertjies
Hy bewaar en beskerm
vou hul in liefde…

Brood op water

Deur Datum gepubliseer: 2 Julie 2021 Hou van

Brood op water

sy woon in klein kamer
net ‘n stoel, bed en tafel
stukkende mat op vloer
gehawende slierte gordyn

douvoordag staan sy op
eet ‘n droë stukkie brood
moedig loop sy die pad
waar haar stalletjie wag

hoopvol pak sy als uit
breiwerk en hekelwerk
met baie trots gedoen
dalk is vandag haar dag

boemelaar stap verby
hul groet mekaar
moedeloos…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 120 gaste aanlyn

Bydraes – Argief