Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

See-Jay-El

Histerie van ‘n Enkeling

Deur Datum gepubliseer: 27 Augustus 2019 8

Buite ‘n velhulsel talm
‘n gees,
wyl woede wat walg weergalm
deur dekades van dood wees,
skeur ‘n geslote handpalm
‘n belaaide emosfeer.

Veg vir ‘n reg – vir nét een!
Gil om net te kan leef!
Skree oor ‘n leeftyd se seer,
ween oor ‘n siel – gebreek,
alleen…
sielsalleen.

Skink die kelk van bitterheid
vir dié kind wat verraai is.
Kruisig…

Kakiebos en Kosmos

Deur Datum gepubliseer: 24 Mei 2019 13

Op die skouer van ‘n gekolkte teerpad,
met gebleikte stippelstrepe,
groei kakiebos en kosmos – verstrengel,
versmoor, verstikkend in grys rook en gas.

Gebarste hart, spat in ‘n liggaamskas,
bloeiende wonde kolk deur ingewande.
brand en brand en brand en kook,
sonder fokus teer, besluitlooskripeer
gedagtes wring, slinger deur newels…

Ek verlang…

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2019 10

na jou emosies in klousule,
na jou gedagtes in stanza,
na jou siel se sagte streling
in kuberruimtes oor afstand.
In veselkoorde, sateliete en seine
(soos koepels oor ons harte)
klop polsende bondels data,
gefragmenteerde kodes in pakkies,
gemeen vir ontleding, interpretering
van skrywer en leser, ontvanger en gewer,

Naggesprek

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2019 13

As die nag sy donker
oor die aarde boggel,
staan ek stom, sonder
woorde, my siel uitgerafel
in stil gebed, die prewels
van my hartsversugting –
om te skuil onder U vleuels;
te staan in U sterk vesting.

Gewer van die stil sterrenag,
vul die holtes van my siel
met…

Lewenstuin

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2019 16

Uit die verskeidenheid
van my tuin
pluk ek vir jou ‘n roesbruin
dekgrasblom.
Wil ‘k vir jou goud wys
teen die rietgraslyf.

Graag gee ‘k jou geel gesig
madeliefies
en blou magrietjies.
Vrolik soos die son se strale
oor die aarde wals;
kalm soos die lug se blou.

Kom skep soet…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydraes – Argief