Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Dolla

Reminusie

Deur Datum gepubliseer: 2 April 2022 11

Reminusie

Met elke slukkie swart koffie en droë Ouma beskuit, het ek besluit, pak ek my koffer uit
… en toe? …

teen die rand van my beker sweef spoegsoene verseker, vasgevang talmgedagtes in aromas agter smaakwalms stomend uit my swart koffie

versteekte vergete wete, vergeelde verseëlde voorbehoud in die kou…

Amendement

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2022 16

Amendement

Profaan kaal die spykers ingeslaan
swam sperm’ars’leër keiser geëer
met stok en slot got die lot …
orige orgie orkaan vir die sot

wreek die wreker steek die breker … ledig die beker
breuk die aarde palm ten hemele
verhewe enk’ling sneuwel
in eng’lpsalmween
oor edik eed … een-een … geen genade verleen

allenig…

Luna-Diana

Deur Datum gepubliseer: 25 Maart 2022 19

Luna-Diana

Maanlig Monk Mank
sit honde vir die maan en tjank
in my hart weergalm heimweë-aanklank

my voete dans oor die hemelboog
sien ek maan uit splinternuwe oog
nes ‘n hert … in sy loog
wil ook ek hier soog

Met my natuur sinchroniseer ek met jou satelliet
sonder magneetveld
atmosfeer hidrosfeer het ek geleer
jou oorsprong in…

Onverstaanbaar

Deur Datum gepubliseer: 25 Maart 2022 8

abcde-gedig ‘n 3-delige Monostich
(ī)stelling
(īī)observasie
(īīī)vraag

Onverstaanbaar.

Asblikdae
bewolk
candida
dou
eiers
frank
grys
hel,
in
jakkalsdraaie
kompleks
lanseer
my
nul
oor
putte
quisling
rillings
sonder
twyfel
uitkoms
vurk,
waarom …
Xenofobies
ylbode
Zoster-lyer …?

©️ Dolla Lerm
25/02/2022
Verklarend:
Quislings: ondermyners/verraaiers
Zenofobie : vreemdelinghaat
Ylbode: koerier
Zoster: gordelroos

Reptiel Repetisie

Deur Datum gepubliseer: 24 Maart 2022 11

Reptiel Repetisie

Die sening drade in oorbelading
het ge-haywire in my kop, gisteraand
eers die kop toe die tand die oor’n’oog en stop toe in die krop

Fragmenteer, arsenaliseer en marsjeer regdeur
regs links regs links deur
die Oekraïne wat eens was…
sonder dodelas …

Betasting deur die windhonde
spilsgolwe – golf op…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 77 gaste aanlyn

Bydraes – Argief