Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Doret JohnstoneRobertson

Lewegewend

Deur Datum gepubliseer: 26 September 2016 12

kon ek rus vind onder ‘n blaredak
om een te kan word met die koel-klam grond
gebêre
geborge
my boom se wortels sou die diepste dring
voëls in sy takke die vrolikste sing
o die voorreg om lewe te gee
soos die genade
om uit God
deur God
tot…

Proses …

Deur Datum gepubliseer: 23 September 2016 10

‘n tyd vir eindes
‘n tyd om nuut te ontwaak
lewensseisoene

© Doret Johnstone-Robertson
(Saterdag, 17 September 2016)

Alles of niks

Deur Datum gepubliseer: 5 Augustus 2016 10

warm is my huis se glimlag
wanneer jy vol berou indraf
getrou sal ek jou storie volg
aanbiddend my klein rol vertolk
en wanneer jy weer weg is, móét
ek wonder of jy hiermee groet

my vrese sal ek vir jou verloën
kwellinkies toor jy weg met ‘n soen
‘n…

In my

Deur Datum gepubliseer: 4 Augustus 2016 16

In my

Wat sou rym met my?
– Het agtergebly.

Wat pas goed by nou?
– Voëltjie uit die kou.

Hoe vaar ek met die lewe?
– Nagmerries! Ek’s onseker …

Wat beteken my drome?
– Antwoorde lê verborge.

Wat was dan die vraag?
– Moet ek dalk meer waag.

Waag vra tog…

Dis ‘n móét

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2016 11

Dis ‘n móét

soos die Eiffeltoring
en Parys
soos Ouma se beskuit
en anys
so is Sondagmiddag
by my huis

© Doret Johnstone-Robertson, Sondag 10 April 2016

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 149 gaste aanlyn

Bydraes – Argief