Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Elize Kruger

Opstaantyd (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2022 1

In die wildevy se takke
klink ‘n gekke kwetterkoor
tiptol se lied is skynbaar nie
wat die vinke graag wil hoor
bosduif op die telefoondraad
het koer-koer na sy maat geroep
die afdak se hans mossiepaar soek
krummels op die stoep
die son groet deur my vensterruit
‘n haan kraai sy frustrasies uit
die westewind trek speels sy…

Liefplek (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 8 November 2022 2

Hoe lieflik is jy tog geknelde land
met jou witwarm son wat ‘n barshou kan brand
oor jou sandveld met ysterklip swart besproet
waar dorperskaap geil op jou geelgras voed

hoe beny ek jou wysheid, wil ek jou eer
vir dit wat jy my oor die lewe kon leer
as jy verskroeid en weerloos veerkragtig…

Tuiskoms (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2022 4

kaggelvuur knetter knussies
ek nestel stywer teen jou vas
knuffel-woel totdat ek
in jou lyf se buiging pas
dis gemaklik in die stilte
wat loom oor ons kom lê
want woorde is oorbodig
wanneer harte alles sê
my gedagtes neem ver paaie
oor die weg wat ons moes loop
oor die volheid van ons lewe
oor geloof en liefde, hoop
en…

Namakwaland (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2022 2

Kyk net hoë blink haar swartklipoë as sy stralend in die arms van die oggendson ‘n liefdesliedjie sing
haar duinsandwange bloesend rooi
sjiek geklee in mooiste madelief
en vir haar slanke hals
het Hy vir haar ‘n snoertjie druppels
uit die lentereën gebring

©️Elize Kruger
16 September 2022

Nét genade

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2022 3

eers véél later sou ek weet dat
net soos wildeblomsade
in kliphard gekompakteerde grond
dormant, stom lê en wag
dat somerreën sal kom
ook in ‘n leeggebloeide mensehart
‘n Boesmanland na droogte
weer reserweloos sal blom

©️Elize Kruger
1 Oktober 2022

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 234 gaste aanlyn

Bydraes – Argief