Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Elna

My liefde, my lewe

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2021 10

My liefde, my lewe

Dis die jaar 1989. Ek is alleen tuis. My ouers en broers kuier nog in Carolina, maar ek het vroeër huistoe gekom. My klasse begin reeds weer more. MGuyver is op die kassie en ek is half vererg as iemand aan die voordeur klop. Dis die…

My lief

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2021 5

My lief

Kom saam vanaand
as die son gaan lê
neem my hand
en dans met my
in ‘n maanligaand
onder sterrelig
net ek en jy
van mens’ en sorge vry.

Elna Kruger 17/2/2021
Kopiereg

Digkuns (Triolet)

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2021 6

Die gediggies wat in my wese lê
stol as my pen die bladsy raak
asof dit hard en duidelik sê,
die gediggies wat in my wese lê
nie ‘n reg tot voortbestaan mag hê
dis of ek onbewus daaroor waak
die gediggies wat in my wese lê
stol as my pen die bladsy raak.
Elna Kruger 26/1/2021
Kopiereg

Maskerbrigade

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2020 9

Masquerade! Paper faces on parade…Masquerade! Hide your face, so the world will never find you… Hoe waar het hierdie woorde uit Phantom of the Opera nie in ons daaglikse lewe geword nie! ‘n Lewe agter ‘n masker om ons gesigte weg te steek. Ons bedek ons gesig, nie…

Poppemeesters en marionette

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2020 10

Ken jy ‘n poppemeester in die werklike lewe? Ek ken ‘n paar. Glo my, hulle is goed. Hulle het die poppespel vervolmaak in elke opsig. Ongelukkig geskied dit ten koste van menswees en gebeur dit op alle vlakke van die samelewing.

Heel eerste is daar die politikuste met persoonlike…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 97 gaste aanlyn

Bydraes – Argief