Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Elna

Waarlik vrou

Deur Datum gepubliseer: 9 Augustus 2020 9

Waarlik vrou
Sy is ‘n roos
met dorings wat steek;
‘n wasige wit katjiepiering
wat maklik kneus.
Soms is sy ‘n veldblom,
haar waarde vergete
of ‘n vetplant
gehard om te oorleef.

Sy kan ‘n verkleurmannetjie wees,
brul soos ‘n leeu
of spin soos ‘n katjie
alles deel van haar…

Vrouwees

Deur Datum gepubliseer: 9 Augustus 2020 8

Vele fasette van vrouwees
in haar wese en gees
maak ‘n vrou in elke opsig uniek
deel van ‘n Goddelike skeppingsplan.

Daarom het God haar laaste gemaak
uit elke skeppingsdag iets gehaal
lig in donker, dag in nag
leeu en lamkombinasie,
met liefde so wyd as hemel en aarde.

Uit die…

Vryheid (Akrostigon)

Deur Datum gepubliseer: 28 Junie 2020 11

Vrede en vreugde in hier en nou
rykdom verhewe bo aardse besittings
ywer om voluit te lewe
hegte familie-en vriendskapbande
eerlik en opregte lewenswandel
innige en vaste geloofsoortuiging
dit alles spel ware vryheid van God!

Elna Kruger 28/6/2020
Kopiereg

Midlifecrisis Naweekmeisie

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2019 8

In jou midlifecrisis is ek jou vrou,
net jou naweekmeisie waar jy skuil
teen my lyf kom lê en alles vra
totdat jy weer na ‘n kamer teruggaan
sonder verantwoordelikheid
sonder om my gevoelens
in ag te neem.

Elke naweek is ek vol hoop
dat jy uiteindelik jou sinne herwin

Menskardoes

Deur Datum gepubliseer: 10 Mei 2019 9

Mengelmoes-menskardoes

Ek was die nuwe generasie sprokiesprinses in wording
volmaaktheid in vroulike mensvorm gegiet
wat voluit kan leef en die lewe geniet
die formidale vrou en ma waaroor almal sing.
‘n Vrou wat al die lewensfasette in harmonie bring
professioneel ‘n kenner op haar gebied
in totaliteit, haar lewe ‘n…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 112 gaste aanlyn

Bydraes – Argief