Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Ernst

Ongetiteld

Deur Datum gepubliseer: 11 September 2018 15

En nou dat ek wéér, soos lank terug,
bewus word van jou (in my en om my)
het sluise oopgegaan en ruik ek jou
op my vel, nuut soos die eerste lentereën

ja, ek was die wind, opsoek na jou
en waar ek kón het ek gewaai:
in die oop…

Kind

Deur Datum gepubliseer: 4 Junie 2018 16

Ek wou vir jou ‘n kamer inrig
aan die sonkant van die huis,
waar God se duiwe koer
as die wind stil raak

maar in die opelugteater
– van die onsienlike –
het ‘n dobbelsteen verkeerd geval,
met laaste lig het jou hart ophou klop

en die Bloureën blom my kind

Redivivus*

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2018 14

Wolke wit
aan die bleekblou wand
van gister se dagbreek
– asof dít genesing kan bring
vir voorwaardelike liefde.

Die wreedheid van
ʼn klein dood loop jou vooruit –
jy moes jou wapen neerlê,
stérf voor jy kon leef.

Vergifnis op die ponskaart
van kentering, projekteer in jou oë
ʼn skemeroggend,

Kleinmens dagbreek

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2018 16

Kamerdeur op ‘n skrefie getrek
– ek en bersie het ‘n sonstraal
in ‘n canfruit bottel gevang,
die deksel styf toegedraai –
“Kom k-y-k pappa!”

Die lang blou-overall man
glimlag en vryf my hare deurmekaar;
dít was ‘n windstil oggend.

Maar winde van verset
het uit my ribbekas ontsnap,
die laaste…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Pharos - Trotse borg van INK dig/skryfkompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 181 gaste aanlyn

Bydraes – Argief