Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

GEDAGTES

uitspring kêrels! (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 30 Augustus 2021 2

die laatoes van kleur
plof grof in wagtende stof
ets iets van afskeur
in die atmosfeer se skof

sigbare vreugdegeur
teen die kontras van koue lof
skilderdoeke swanger met fleur
as geleenthede degtig tof

bemin die dansende blaar
wat kartel dartel spartel
een van die dae is alles klaar
makeer die pas…

Druppelgenies vrou (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 12 Mei 2021 2

druppelgenies vrou

elegant in vloed
vloeibaar in veranderlike
stort sy deur verlange
kommer en drange

rein
mosverdiend
in varingprag en praal
ietwat riskant sterk

seisonaal geraam
in granietrots en epos
miskerade van maagddruppels
juviaal flambojant in jou arsenaal

kroos kroos broos
onder wakende oog
steeds bewus van
missoom en sterke rots

© Francois Meyer Mei 2021

Wat kyk jy? (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 8 Mei 2021 4

in die swerfjaar van Ferguson
ploegvoor vyf in die turfland
was my ploegskaar verpand
toe ek vasval op Morgenson

my ratkas het gekrap van woede
die aanklag die begin van saaidag
geen poging om stuurstroop te versag
al wat oorbly was roesroede

verward verstard hardebaard
het ek…

Uitspattig (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 5 Mei 2021 7

in houtdorstige spel van stroomsproei
wemel die blydskap oor baldadige mosgroei
volhardend jubellend kabbellend
‘n drenkeling wat sopnat, bibberend stoei

oë gretig gerig op toegewyde roei
tog droogtong verbaas, eie siel wat bloei
sproeineus …

Blaarval van die maan (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2021 4

langs die hoofpad van omgee
staan die takke trio trots
dog bekragtend strak afwagtend
op die maan se silwer voeteval

dans in die glans sonder jou lans
die sinnebeeld is onverdeeld
binne die geelstreep sonder dweep
onder sterreprag met jou eerlike drag

weer ‘n keer vlei hy hom neer
vlietig vluitig dalk stuitig
silwerrug teen die groen masseuse
ritselend rustig…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 467 gaste aanlyn

Bydraes – Argief