Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

GEDAGTES

“Landbou” (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2022 11

daar lê te veel
gebreekte ploegskare
in ander se lande
omrede ons die geologie
van ons eie nie verstaan nie

Francois Meyer Februarie 2022

Waaksaam (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 12 Februarie 2022 7

2021 se rafia teertourafels
steek nog in smerige skaafsels
toe die son van 2022 breek;
potloodwoorde op papier verbleek

gonsend in die raadsale van Covid
bulder vrae “wat is dit?”
die Bruid verstaan nie die verwarring
besig om met haar afgode te karring

in die aandwind sag wandel Hy
sagte fluistering …

Grillerig

Deur Datum gepubliseer: 10 November 2021 7

slymerige anglisismes
kwyl uit die mond
van hensopper-afrikaans

soveel só dat die potlood
puntbreekweier om dit te skryf;
gate in papier druk

om nekhaarrysend
te gril ril en stil
dié “afrikaansslym” uit jou oë te vee

koorsig gryp jy na Opperman,
Krog of Schoeman en
suiwer nuutskeppinge

skoenmaker hou jou by jou lees
tuis soos ‘n uil op ‘n kluit
saam met tant…

Safari (brons)

Deur Datum gepubliseer: 7 November 2021 7

(opgedra aan Perrie en Hanna)

twee rooigrondpaaie
vleg verwyld oor rand en dal
elkeen opsoek na ‘n vuurmaakwal
om rus te vind van vergete draaie

in die blareval van April
bewerk Cupid ‘n besonderse wil
met hardehout se vlammedans
en die lewe se dansende kans

op Namabeep se windgroet
vind hy haar hand
oproepe gee toestemming vir die pand
om saam…

hernude geloof

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2021 12

sonder die bril van Covid
ervaar jy weer kleur as jy bid
proe jy die sonskyn;
verstaan die storm se lyn

kreukels van inperking
rafel aan vriendekring
torring aan vertroue
wat verbrokkel in aanskoue

snotneus spat soutbranders
is dit net ek … of ook iemand anders?
paniekerig in waterwals
kleingeloof skink net wilde als

stikkend in die beurtkrag van die storm
verrys…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 148 gaste aanlyn

Bydraes – Argief