Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Gerhard van der Merwe

KANKER

Deur Datum gepubliseer: 22 April 2018 11

Ek sien my hande maer
van te min eet…
Ek swem in my klere
van die kanker wat my eet.

Ek skrik vir die vrou in die spieël
haar oë is moeg,
haar wange plat
haar blink van haar oë, dof

Stadig maar seker
hou dit aan.
Bestralings en chemo’s
verlig…

DIE WAARHEID

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2018 14

DIE WAARHEID

Ek staan met die sluier se punt in my hand,
besluit of dit af te ruk
want die waarheid moet uit.
te veel geraamtes in jul kaste.

Beskerm die naam,
beskerm die idioot,
beskerm die organisasie
ter wille van my stilswye

Te veel pyn,
te veel intimidasie
te veel liegstories

Ma se lewensles

Deur Datum gepubliseer: 11 Mei 2017 16

‘n Ware verhaal…

Ma se lewensles…

“Kyk, ek huil elke keer as ek die woorde sê… Dit was nie net ek wat opgestaan het nie…”

“Ek het my lewe voor my gehad. Ek was dolgelukkig getroud en ‘n het geweet dat ek die band nooit sou breek. Sien, dit was meer as…

DIE TANNIE MET DIE KIERIE

Deur Datum gepubliseer: 11 Mei 2017 17

DIE TANNIE MET DIE KIERIE

Ma, kom hak by my in.
Ma, kom ek stap stadig saam met jou.
Kyk Ma, daar sit die duifie op sy tak
en gister was die roos nog nie oop.

Een vir een stap ons voort,
geniet die natuur se kleure en gesang.
Ma, daar’s min mense wat so stadig…

BERUSTING

Deur Datum gepubliseer: 11 Mei 2017 14

BERUSTING
Altyd gewonder wanneer die keuse sou kom,
altyd gewonder ‘hoe’ die keuse sou kom.
Die besluit geneem,
weldeurdag, lankverwag.
Nou berus ek in myself
dat ek myself laat wen
want die besluit is geneem.
Baljaar en huppel in die vrede,
die aanvaarding
van my unieke voetpad.
Die pad gekies en ek weet,
dis my roete, my weg.
Volle berusting in die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 274 gaste aanlyn

Bydraes – Argief