Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Grootvissie

Leemte

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2020 10

Leemte

In die holtes
van die kussings
waar jou hare eens
verstrooid gelê het,
is nou niks.
In die gaping
van ‘n leë klerekas
hang net hangers,
kaalgestroopte
nagedagte van jou.
Agter my oë
se skaduwees,
in my binnegange,
is jy afwesig,
jou beeld
vaal en dof.

Kan
iets nuut
die…

Tydlose stryd

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2020 7

Tydlose stryd

As liefde my nie aanstaan,
ek nie daarin vasval
of rotsvas glo nie,
hoe kan jy dan
iets van my verwag,
hoe kan ek uit niks
enigiets opoffer
of sonder trane
alles net verloor?

As ek leeg van liefde
se emosie sou leef,
hoe kan ek vervulling,
waarde gee

In my herfsjare

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2020 15

Die veld is stil, alles is doodstil. Asof die hele wêreld net stil geword het en alles, ja alles het gegaan oor die brandende bos. Versigtig, stadig en gevul met beide vrees en nuuskierigheid gaan Moshe nader. Sy sintuie kan amper nie dit wat hy sien verwerk nie. Die…

Goeiemôre met ‘n donkieprentjie

Deur Datum gepubliseer: 13 Februarie 2019 5

Goeiedaggie met ‘n donkieprentjie

Na aanleiding van my vorige skrewe, ‘Dis my Ding’, het ek dit goed gedink om ‘n opvolg op die tema te skryf. Ek sit vanoggend op die stoep, dis Woensdag, vullisdag, tuindiensdag en Klein Saterdag. Die krag is af.

Vanoggend vroeg het een gevra hoekom die krag…

Hunkering

Deur Datum gepubliseer: 6 Februarie 2019 10

Hunkering

Op hierdie eiland
tussen mense
in die stil lawaai
van stemmedreun is
gedagtes afgesonder
soos Jerusalem-melaatse
stil
alleen

Die mensgedruis in
lewens-see
spoel soos skuim
wat ritmies brander
op die dagpols
van wêreldklop

My hartsverlange hunker
na ontsnap
en elke sinaps strek
na plat frekwensies
van leë ruimte
waar stilte
oor die veld vibreer

Grootvissie
Februarie 2019

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 182 gaste aanlyn

Bydraes – Argief