Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Hester Steenkamp

bloedbrief (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 24 November 2022 1

bloedbrief

in die holte van die berg se hand
blaas wind rimpels oor die water
wat patrone spoel oor die sand
en die dag word oopgebreek
in skakerings van oranje en rooi
wat lig en hitte bring
en prente teen die kranse gooi
rug teen ‘n uitstaan klip
wag sy die eerste strale in
met die bloedbrief teen haar…

bietjie is genoeg (brons)

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2022 3

bietjie is genoeg

ek stap vandag weer op die tweespoorpad
wat my tot by die westelike grens sal vat
en ek hoor stilte so ver as wat die oor kan loop
op hierdie plato wat jou van hoogmoed stroop

ek voel die felheid van die son wat ongenadig skyn
soos hy vog opslurp wat plant…

die uitverkorene (brons)

Deur Datum gepubliseer: 19 September 2022 4

die uitverkorene

laat ek tog asseblief die gekose een wees
wat saam met jou kan sit en kyk
na hoe die volmaan oor die plaasdam lyk
terwyl jy gedigte oor liefde hardop vir my lees

en in die maanstrale wat ‘n blink pad maak
sal ek nader skuif en nog liewer vir jou raak

© Hester…

uurglas (brons)

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2022 4

uurglas

ek wil warm sonlig in jou uurglas skink
wat stadig, stadiger uit sal loop
en die taai goue stroop van hoop
sal heldergeel teen die kante blink

jou weggaan maak my so verskriklik bang
want ek weet die leegloop gaan ons vang

© Hester Steenkamp

wortels (brons)

Deur Datum gepubliseer: 28 Augustus 2022 4

wortels

toe belofte blou in die weste bou
en ons vog in die wind kon ruik
het hy my hande vasgevat
en sag vir my gesê
dat sy wortels hier diep lê

daar was hoop in sy oë
toe hy vra of ons kan bly
op die wit kalkplato
waar die grondpad suidoos draai
ver van die wêreld se…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Pharos - Trotse borg van INK dig/skryfkompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 156 gaste aanlyn

Bydraes – Argief