Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Hennie Fritz

Moeg vir die storms

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2018 8

Moeg vir die storms

Die Vlieënde Hollander was in ’n storm onder by Kaap die Goeie Hoop vasgevang, so vertel die verhaalskrywers, maar Kaptein Van der Decken wou niks weet van omdraai nie; hy wou deurdruk, al was dit tot in die hart van die storm.

Selfs toe ’n groot…

Die meisies sing weer

Deur Datum gepubliseer: 12 Maart 2018 9

In die truspieël het daar vanoggend ’n skone lied kom speel.

Aanvanklik het ek soos gewoonlik die draadloos op die radio-sonder-geld-stasie aangesit en die pad na die ander deel van die dorp, daar waar ons die geldjie verdien, sonder verwagting voortgesit. Maar, toe die ellelange relaas oor die nuwe president…

Speeltyd is verby

Deur Datum gepubliseer: 12 Maart 2018 4

Die ander Vrydag namiddag sit ek en vriend D’em oor ’n koue Germaanse bruisdrankie die dinge van die dag, die week en sommer wat ook al aan die orde is, en gesels. Dit is nogal eienaardig en steurend opvallend hoe die gesprekke deesdae doelbewus die politiek en die kerk…

Noem hom sommer Gert

Deur Datum gepubliseer: 12 Maart 2018 8

Dit is so om-en-by vieruur op ’n Donderdagmiddag êrens in Julie 2002. By die toonbank in ’n kroeg wat eens ’n skaflike dagloner se watergat was, sit ’n man met ’n glas; nou is dit ’n raserige swartgeverfde hool waar die kokkerotte skaam-skaam agter die brouery se kiste ronddartel….

Koos en Smiley

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2018 6

e midde van die werksdinge van hierdie dag, is daar ’n klompie melodieë wat tydig en met klinkende reëlmaat my gedagtes na hierdie skryfding terugroep. Iets waaroor ek beide bly en hartseer is.

Sedert die begin van die skryfperdjie, was 2017 die jaar waarin ek die minste skryfstukkies of opstelletjies…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 147 gaste aanlyn

Bydraes – Argief