Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Ian

Oupa

Deur Datum gepubliseer: 6 Augustus 2021 3

Oupa, jy moes my leer visvang
jy moes my daai kettie leer trek
en die windbuks oorhaal
en my leer van die Blou Bulle
se uitstekende rugby vermoë
(al stem pappa nie saam nie)
want dit is wat oupa’s doen.

Oupa ek moes nog sjokolade
saam met jou eet
en op die strand rooiaas optel
en vir die…

Augustus wind

Deur Datum gepubliseer: 4 Augustus 2021 3

Ons kyk met afwagting
hoe die Augustusmaand-wind
homself ontvou
en hoop bring
terwyl die lente
nader kruip
om lewe te bring
aan die dooie aarde,
maar eers moet
die laaste blaar
deur die wind
op geskep word
en sagkuns
op die blare-bers
neer gelê word.

Ongend Stilte

Deur Datum gepubliseer: 29 Julie 2021 1

Hier nog in die stilte van die oggend
so voor die son sy kop lig
en die natuur begin lewe
Is dit waar my hart stil raak
waar ek kan bid.
Sommer net met Hom gesels
oor die seer van gister
die Hoop van vandag
die droom vir môre.

Terwyl die voëltjies begin sing
die nag lewe stil raak
en…

Ek Sien die seer

Deur Datum gepubliseer: 29 Julie 2021 2

Ek sien die seer
Wat deur jou oë praat
Agter daai glimlag
Diep weg gesteek.

Ek hoor die pyn
Agter die grappies
Wat breek in jou stem
As jy praat.

Ek voel jou trane
Wat vloei oor jou hart
Waar niemand kan Sien
Deur die venter van jou siel.

Ek ruik die angs
Waarmee jy jou toegedraai het
Soos n winterskombers
In…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 213 gaste aanlyn

Bydraes – Argief