Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

IDA

SWART DRUPPELS

Deur Datum gepubliseer: 27 Desember 2018 9

Waterdruppels kristel helder
hang koud weerkaatsend
aan swart harts-takke
gekondenseerde ys-trane
in doodsdruppels van smart

in die eindelose mistige heelal
sweef die kind – my kind, jou kind
ons kind – in asems van die wind
net ons ken die pyn van verlange
na die kind, my kind jou kind…

SOMERSET WES – INNI KAAP

Deur Datum gepubliseer: 27 November 2018 17

SOMERSET WES

Hier in die Kaap woon ‘n pragtige vrou
en ‘n knorrige ou man
die Sedoos-wind blaas stormsterk sand
deur ons tande en hare wat souterig brand
sandduin plante voed, laat leef, laat blom
– in die Helderberg kom
die Noordwes warrel blare en stof van Rooi-Els se
kant tot by bikini-beach en Klippiesbaai
se kaalloop strand

by…

SKAAKMAT

Deur Datum gepubliseer: 26 November 2018 8

SKAAKMAT

Die Dame het die Koning onttroon
van hom minagtend haar pion gemaak
strategies buit sy haar stukke
in tydbeheer van sluwe middelspel nukke
met trane en verwyte skuif sy in magspel
die pion tot geïsoleerde menswees
verward en gekniehalter
op ‘n pioneiland van kragspel

Juig sy…

Manie se Tin Lizzie

Deur Datum gepubliseer: 10 Oktober 2018 11

Manus skud sy kop. Laat dit nou vir hom ‘n dure les wees om ‘n vrou agter die stuur van jou nuwe Model T Ford toe te laat. Hulle was laat vir die kerkdiens en Sera het stange gevat. Hoe meer hy skree “stadig…

Meisie se Make-up

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2018 14

MEISIE SE MAKE-UP

“Rene waar is jy?” Sy ma se stemtoon laat hom vervaard van die rusbank opspring. “Hier is ek ma” Hy steek in sy spore vas toe sy ma die sitkamer instrompel. “Was ma in ‘n ongeluk? Meisie…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 171 gaste aanlyn

Bydraes – Argief