Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

IronLady

Weermag

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2021 5

Ek kan my nie teen jou * linies plak
die sein en klank is te swak
my weermag is nou op bystand
met idioom, gesegde en vergelyking
om te skryf met krag en mag
dat velde vol woorde blom
en só in elke leser tot gestalte kom.
Dalk kan ek dan *onbedaard lewe laat vloei
terwyl…

Stom

Deur Datum gepubliseer: 9 Mei 2021 8

As die son opkom oor die hemel se koepeldak
en skyn oor die gehuggie waar ek plak
ruk my hart krampagtig saam
dat ek voor sulke skoonheid mag staan.

Deur my lens

Deur Datum gepubliseer: 9 Mei 2021 5

Deur my kamera se lens
sien ek alles onbegrens
natuur se skatte lê wyd oop
my lens kan nou daar loop
komies en snaaks loop ek raak
waaroor ek my in die stilligheid kraak
haarkapper wat hare sny met knipper paraat
onder die teken van bekende salon in die straat
kosbaarhede soos kinders en familie
word heerlik…

Begrip

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2021 5

Met blinde oë sien ek
eintlik is die mensdom gek.
Almal stry hul eie stryd
koester ‘n skewe kromverwyt.

Mense is nie gemaak om kruise te dra
liefde is AL wat God van ons vra.
Tog sleep ons el-ke-dag die seekathel
wat ons tonge noop om te skel.

Kom kyk, waters van rus is net ‘n kniebuig…

Ark en krip en kruis

Deur Datum gepubliseer: 23 April 2021 4

O God van ark en krip en kruis
God van swaard en gebalde vuis
die mensdom weet nie meer
van U offer, die pyn en seer

kinders bedel met oë groot
vir hul daaglikse brood
tog bly harte gesluit
óns hou jolyt

wáár het U boodskap verdwyn?
tussen mense se seer en pyn?
of in wêreldse goed?
was ons weer…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 110 gaste aanlyn

Bydraes – Argief