Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

IronLady

Liefste Vallentyn

Deur Datum gepubliseer: 14 Februarie 2021 10

Liefste Vallentyn,

Soos ballonne in die wind sal my soene jou mos vind” eggo die liedjie van Janita Claassen waarna ek luister. Dit het my dadelik weer hoop vir ons gedoemde verhouding gegee. Ek móés net dadelik skryf oor ek toe wonder van watter kleur balonne jy sal hou….

Valentynstrik

Deur Datum gepubliseer: 14 Februarie 2021 7

Golwe klou met seekatarms
my brein flikker rooiligalarms
liefde is in die lug
ek reken dis alles ‘n klug
liefde is mos nie flenters papier
wat uit vensterraampies gluur
of prentjies op bekers wat loer
en so leë harte moet voer.
Nee, dis hartklop galop
hoog loop en opskop
saam lê en luister
wat dit is wat die stilte fluister.

Psalm

Deur Datum gepubliseer: 14 Februarie 2021 5

Ek sing my lewe ‘n loflied
en dans ‘n tamboerslag los
my vingers tokkel die harp se snare
dat klanke vry in lugpoele dans
want Gods liefde wil in my harklop
wild galop galop galop.

Stilte

Deur Datum gepubliseer: 14 Januarie 2021 4

My dink
strek tot waar sterre wink
my hoor
loop ver op die melkweg se spoor
my sien
eindig waar die reënboog goud dien
my doen
laat komete en planete met mekaar versoen
dis net my sê
wat opdroog voor woorde op my tong kom lê

As die kiewiet roep

Deur Datum gepubliseer: 14 Januarie 2021 3

Ek dwaal in grotte van gys granet
met druppende stalagmiet
die eggo’s van ‘n waterval
weerklink soos ‘n skoot wat knal
ontstuimig lop my hart as ‘n vulkaan uitbars
die reuk van swael laat my p my tande knars
hoë berge laat my duiselig steier
asof klokke in my longe beier
dis net as die kiewiet…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 59 gaste aanlyn

Bydraes – Argief