Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Jaco

Jou soene

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2018 11

Onthou jou soene
vir my soos stroopsoet nektar
uit die dor Hantam

Blom

Deur Datum gepubliseer: 11 Augustus 2018 12

soek vir my ‘n blom
gepluk langs die ou grondpad
benat met liefde

Windverwaai

Deur Datum gepubliseer: 11 Augustus 2018 9

Suidwester waai wit wilde
skuimende sout seeperde
wat perd pronk in die boog van die baai
hier het my siel rus gekry

Karoo Belewenis

Deur Datum gepubliseer: 8 Augustus 2018 10

As jy die stilte kan sien
die hitte kan hoor
en die vlaktes kan voel
beleef jy die Karoo
soos hy is…
ongenaakbaar mooi!

Hantam heuning

Deur Datum gepubliseer: 6 Augustus 2018 10

jou soene
stroopsoet
soos heuning uit die Hantam

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydraes – Argief