Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

J. Martin Trotske Labuschagne

#WhiteMenMustFall

Deur Datum gepubliseer: 29 Junie 2016 15

die donker dolkpunte
van hul ideologies pupille
sny
my keel-af
slagofferlam
Wit
Middeljarige
Man

: en natuurlik
glimlag ek
beleefd terug

Ruitensboer

Deur Datum gepubliseer: 8 Junie 2016 15

in elke traan
‘n diamant
in elke snik
‘n safier
agter elke donderweer
‘n reenboogrant
by elke begrafnis
word die lewe gevier

en uit die nagtelike donkerte
loer
Ruitensboer

die geskiedenis
ken geen helde
liefde, hoop en geloof
sal taan
groot gedagtes sterf almal
op…

Groenman

Deur Datum gepubliseer: 8 Junie 2016 12

die punt van sy vinger
in elke sel,
sprei die groen kleurloos
oor iedereen se vel

: jy dans in die drome
van mensvlees
en ritsel saans gedagtes
deur die verstand se bome

: jy vloei in ieder hand
se aar,
soos lyne
in ‘n rougroenblaar

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 182 gaste aanlyn

Bydraes – Argief