Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Kiekies

‘n Dag

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 8

’n Moedersdag. ’n Vadersdag. Dink iemand… weet iemand ooit hoe ’n ouerhart op so dag kan brand-pyn kramp. Ouers wat ’n kind aan die dood afgestaan het.
In die kerk is kindertjies opgewonde. Hulle gaan vandag in die kinderkerk presentjies maak vir Pa. Vooraf word alle kinders wat ’n…

Winter is nie Wankelmoedig se maat nie!

Deur Datum gepubliseer: 5 Junie 2019 11

Winter het knypers van yster. Hy blaas ysige misweer deur sy neusgate. Verf die hemelruim vinnig vol bloupers onweerswolke. Kort voor lank dop hy sy emmers om en val reën in vriesende vlae.

Breek ’n moedige sonnetjie dalk deur, is dit waterig, nes my neus. Gelukkig is my lippe…

Ons sal lewe, ons sal sterwe…

Deur Datum gepubliseer: 8 Mei 2019 5

’n Koue grys dag, maar ons durf nie sissies wees nie. Ons het ’n plig. Ons het ’n reg. Ons het ’n voorreg. Dis stemdag en die mense daag in hulle hordes op. Sommige by stemlokale waar daar bokkerol aangaan. Die deure is gesluit en die ligte is af….

VASHOU

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2019 8

Ons het pas uit Sodom en Gomorra verhuis na die paradys. Dis nou van die ou Transvaal, iewers tussen Potchefstroom en Johannesburg, na die Wes-Kaap. Al was ons nog nooit beroof daar nie, hoor mens van soveel inbrake en kapings en rowe. Selfs moord. Dis genoeg om enige mens…

KRUIP-KRUIP

Deur Datum gepubliseer: 22 April 2019 6

Dis April skoolvakansie. Na baie smeek en beloftes om ons deel elke dag te doen, het ma ingestem dat my liefde én Boeta se liefde, saam op vakansie mag gaan.

Soos altoos voor enige vakansie, bak ma genoeg koekies en beskuit vir ’n hele koshuis. Verder word daar ook met…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 84 gaste aanlyn

Bydraes – Argief