Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Lenel Oosthuizen

#geliefde selfoon euwel

Deur Datum gepubliseer: 29 November 2021 Hou van

Met die tik van ‘n vinger vertoon towerbeelde
en ‘n wonderwêreld , data spoed deur optiese kabels
met die spoed van lig versamel almal se wonderdade
in wolke wat nie eens een druppel reën gaan bring
hutsmerke en deesdae ook potgooiery verskyn
in werwe waar geen skepe sal anker gooi

Gesigte, drome , stories, nuus…

Komeetverwyderd

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 1

Stippel opgemerk
Kol kom al hoe nader
Komeet verskyn
Kop en stert

Kop sonder oog in die ruimte
stert sonder murg maak wye draaie
ken al die planete laat geen spore
vryval deur die heelal

Komeetverwyderd te min
Sondevergifnis
so ver as Oos na Wes

@Lenel

Geleende Veer

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 Hou van

Skouspelagtig daag sy op
pragtig afgerond geklee
met ontwerperskeur en fleur
asemrowend tower sy die feëverhaal

Skadu Inspirasie

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2021 2

Skadu’s teen die muur
“Die donker kom van buite en syfer deur die ruite
en ek gooi nog ‘n paar kole op die vuur”
(Koos du Plessis)

Skadu’s nimmer eindigende gevolg
by flou kerslig groot, verwronge en absurd
kan jou groot laat skrik of sommer heel insluk

Gooi, gooi nog kole en nog meer
vlammende vuur al…

Verlang

Deur Datum gepubliseer: 14 November 2021 4

Was bedrupte kers
flikkerende vlam
vat terug gedagtegang

Soek jou in die môre douvoordag
Soek jou saans donkernag
Soek jou oral in gedagtegang

Traan bedrupte oë
flikkerende gedagte
gee terug gedagtegang

Kry jou in die môre ek verlang
Kry jou saans, meer verlang
Kry jou in gedagtegang, meeste verlang

Reis ek met jou meë
brandende verlange in jou gesmeë
hartstogtelike verlange na Jou

My…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 361 gaste aanlyn

Bydraes – Argief