Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Manna

Egskeiding

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2016 9

Dit is ‘n lewe saam gedeel
vreug en verdriet saam ervaar.
Nou raak hulle verveel,
voel nie meer liefde vir mekaar;
Verwyte, beledigings en pyn
gevoelens bars tot uiting!
Vergete kosbare samesyn
getuienis van die skitterende ring.
Die hof besluit oor die kind,
wee word vir ewig geskei.
‘n Ander sal hulle wel vind
en die jare gaan verby…
Twyfel en…

Slaap

Deur Datum gepubliseer: 9 April 2016 10

Slaap
As ek snags
op jou le en wag
soos ‘n minnaar
verlangend, soekend
smagtend dat jy kom…
Gedagtes reis oor verlede heen,
selfpraat, “Hoe kon jy?”
Verwyte- was so dom gewees,
beelde, aanklaerig-onthou tog!
Twyfel oor wat kon wees.
Ontwykend jou vlug,
dartelend, uitlokkerig-kom;
al grypend vang ek jou mis.
Jou flirtasie met my
horlosiesyfers wat aftik
naggeluide wat klank…
In donkerte omhul
liggaam wat roep…

Genade

Deur Datum gepubliseer: 9 April 2016 9

Genade

Sondaar soekend
hart roep na God.
Onkundig vloekend
eer geen gebod!

Weifelende lewe
leeg sonder sin.
Niks voor te strewe
geluksvrede is min!

Dolle gemoedstoestand
moeg gestry!
Voos uitgebrand
eindeloos gely!

Lewensvreug gejaag
sondaarsin ervaar.
Verwoes, verlaag
opgeleef en klaar!

Skuldig, is verdoem
verklaar gevonnis.
Godsgenade roem
salige kennis.

Dan genade, vergewe
verlos uit ellendesaak.
Oorvloedige Godslewe
alles nuutgemaak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 278 gaste aanlyn

Bydraes – Argief