Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Marieta McGrath

Stof van die Heimat

Deur Datum gepubliseer: 11 November 2018 12

Keetmanshoop, oorstaanplek
verbasend hoe ‘n tussenstasie
se stof so aan jou hart kan trek

Met my aankoms lê die hitte dik en stil
Later, lus vir bier en Schnitzel
stap ek stofstraat na die Schützenhaus hotel.
Dis ‘n kleine museum van Duitswes-wees
foto’ s van ‘n Sportverein
uit die…

Sterflikheid

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2018 26

onkeerbaar krimp en swel die maan
die grafwaartse kronkel van ons lewenspad
onderhou deur ‘n God van liefde wat
onkeerbaar krimp en swel die maan
wat berei vir ons die hemelse stad
wyl ons in ootmoed voor hom staan
onkeerbaar krimp en swel die maan
die grafwaartse kronkel van ons lewenspad
(triolet)

Huweliksboot

Deur Datum gepubliseer: 23 Oktober 2018 9

Blosend bestyg ons die huw’liksboot,
ons ewigdurende skemerkelk-droom
wat gou ‘n hersenskim word en nie skroom
om skewe verwagtings van harte te bloot.

Dit voel my jy’s by bak- en ek by stuurboord
soms ruik ek net jou skeerroom op die dek
mis hoe ons lywe die huwelik voltrek

Gemeenskaplike euwel

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2018 8

Ek is die kind wat in sand en stof skool toe slof
Ek dra die wêreld se tasse op my skof

want ‘n wolf in die bos wat langs die paadjie luier,
is die wolweskaap wat Sondags by ons kuier

Ek is die kind wat reeds roem bereik het,
kortstondig, tot…

Huwelikskraal

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2018 9

kraletjiedruppels syfer deur die struike
kraletjiedruppels klop skugter aan die ruite
jou oë hang krale om my kuiltjie
in ons kraal in ons skuilte
lê bekoring in bekendheid
ek borrelgly soos krale
deur behendige vingers
syfer salig deur my sinne
lankal nie meer skugter
vir die stoomdruppels teen die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 129 gaste aanlyn

Bydraes – Argief