Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Marika

Spoor

Deur Datum gepubliseer: 24 Junie 2022 5

Spoor

Uitgestrek oor vlakte heen
in sand geklee in rooi en roes
tussen gemsbokspoor en
klipknoets rus
geelgras winkend waar
wilde perde wei

bekendheid
uit vervloëndheid
s-y-p-e-l
langsaam terug
op die maat
van ‘n stoomtrein
stik hy sy spoor
in lyn en
heg die sye van
‘n hart
met elke
tjoeke-paf
heel.

©marikavanheerden

ek sal jou onthou

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2022 4

vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022

ek sal jou soek
in die volmaan se gloed
in die ysterklip
wanneer die geel gras
oor die veld wieg
in die hemelhoëhange
wanneer jou asem snak
in meiringspoort se gange

ek sal jou proe
in soetwyn en sushi
suiglekkers in ‘n blikkie
roomys en halva
en seafood pasta

ek sal jou ruik
in roosparfuum
lafentelolie en rooibostee
wanneer jy jouself
met…

my weet

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2022 17

ek sukkel om te wees
as my moermeter
en my seer
skoppelmaai en
beurte maak om
my om te dop
maar hulle kan
niks aan my weet
doen nie want
my weet sit so diep
soos my murg en
nie jy of jy of jy
of enige leuen
of mistasting
of die klappe om jou oë
wat jy jóú manier noem
kan by hom kom…

Ysland

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2021 15

YSLAND
‘n Duetgedig

Reykjavik ek hou van jou
jou stege en jou brabbeltaal
waar jou warm baddens uit die aarde aai
jou strate see toe loop
teen ‘n oer-oue pas
jou sneeu oor lawarots en
yswind teen my wang
ons is twee reisgenote
en voor ons verder ry
onthou ek
ons is hier weens veertig jaar
en ek
oor ek was en oor…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 254 gaste aanlyn

Bydraes – Argief