Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Marisa J. Labuschagne

OP VLERKE VAN DIE WIND

Deur Datum gepubliseer: 22 September 2017 15

ek het ver gestap, ʼn langpad vol beloftes
maar elke keer weer en weer verdwaal
ek is deur die wêreld verlei,
ek verloor toe vir my in die donker
maar nou kan ek lag want in Jesus se krag
ʼn nuwe dag wat wag

op die vlerke van die wind,…

Guns

Deur Datum gepubliseer: 4 September 2017 17

Uit die stofwolk van die winter,
vaal van die verdroogde spriet wyl
Fynstof die kuns bemeester,
saam met Warrel die lug in te skiet.
Songessigie lag en speel
en sing ‘n nuwe lentelied.
Oor landskappe en grense heen
laat God Sy guns gebied.

liefde vir die stofpad

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2017 14

Stofwolke sluip oor die horison waar wattewolke in die hemel baljaar.
Met ʼn belofte van reën soos ʼn man se hand,
ʼn Elia belofte vir die basdroog land.
Tussen Calvinia en Sutherland, oor die grondpad waar die warrels wink,
lê die landskap wat heet my geboorteplek, plek waar ek…

Alles is dieselfde, maar alles het verander…

Deur Datum gepubliseer: 17 Julie 2017 16

‘n wit en rooi sambreeltjie
op die tafel langs die TV
en die spore van twee trane op my wang

‘n dooie bos proteas
in ‘n rooi vaas op die tafel
en buite hoor ek hoe die krieke sing

my spieëlbeeld sing ʼn melodie
wys spore van verlange
ʼn silwer stroom…

*Sing jy van Blomme

Deur Datum gepubliseer: 13 Junie 2017 17

In ‘n Josefskleed aangetrek
kort na die eerste reën,
van Spektakelberg
tussen Springbok en Kleinzee
tot ver verby die Oranjerivier se draai,
slier jou blommetuin laatmiddag
heen en weer in die lentebries.

‘n Stofstreep lê agter die donkiekar
wat skud, skud sukkel oor die jakobjollie in die pad.
As…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 292 gaste aanlyn

Bydraes – Argief