Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Marsofine

Oer oue liedjie (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2020 6

Daar is ʼn liedjie
wat mense steeds wil hoor
die oer oue note
wat vir eeue
die mensdom bekoor
sal hul na luister
oor en oor

die instrument
ʼn Skeppingswerk
immer nuut
met ʼn suiwerheid van noot

eers word jy jou gewaar
van die groeiende
bariton klanke
al harder en harder
totdat dit forte
met ʼn grootse gerammel
dan na die donderende klanke
volg die sagte andante
van…

Bitter

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2020 7

Soos ‘n Paulus
op die Damaskus-pad
het die skille
van haar oë
geval
sien sy jou nóú
was die newels
van onthou
meteens rou
uit haar hart
drup
die bitterheid
soos gal

Verby die grense van vryheid (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 3 April 2020 8

Sy kyk na hom. Daar waar hy so half pateties op die rusbank slaap. Meteens wonder sy: wanneer het die gesels, opgeraak? Wanneer het die opwinding, verveling geraak? Wanneer het die liefde, gewoonte geraak? En wanneer, is haar hart toe gesluit met ʼn slot en ʼn grendel?
Amanda maak ‘n…

Pappa, ek bou vir jou ‘n triomfboog (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2020 12

Woorde: 497
Vyf en vyftig jaar gelede! Dit is ʼn leeftyd, Pappa! Dit is toe die vrou wat haar my ma genoem het, jou met twee klein kindertjies agtergelaat het. Agtergelaat het vir ʼn ander man!
Dit het jou letterlik en figuurlik tot nugterheid geskok. Meteens het jy, ʼn man wat…

Maandag se kuur…

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2020 8

Traag swaai sy haar bene van die bed. Dit is Maandag! Die lus ontbreek haar geheel en al om op te staan. Net die gedagte aan haar kantoor, laat haar sommer weer terug val teen haar kussings. Met uiterste wilskrag, dwing sy haarself om op te staan.
Dit is…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 241 gaste aanlyn

Bydraes – Argief