Vandag wil ek sag vir jou vertel van die sonskyn se lag en hoe hy seunskind-sku sy strale oor die aarde spu.
Sal sy een oog oophou-loer wanneer my en jou paadjies poog om te kruis?
Of sal hy playful(guitig) agter ‘n wolk inkruip sodat ons mekaar
En tydens hooggety in die bulderlag van wilde lugstrome sweef ons sorgvry
ek blaas jou naam duskant ‘n veer van ‘n meeu se vlerk regdeur wolke totdat dit ontplof in die driveway van my dagdrome
Alles is onheilspellend stil my gedagtes lê gemaklik opgekrul in die holte van jou meestershand wat lol met my gesonde verstand.
My denke dagdroom idilies illusies van jou en my op ñ duin
waar ons slegs die see se hyg en die geklots teen ñ rots saam…
Is dit die landskap van die strand in jou lyf wat onder die streel van my vingers verstyf
want met die goud-grof van jou skitter sand blus jy die vuur-vlam van my passie-brand.
Neem jy my op reis met perfek gekose woorde lei my deur jou…
Wie is jy?
Wese waarvan ek droom – meerman wat bly by die see en nooit skroom om grepies uit sy dag vir my te gee.
Jy kom lawe my roos woestyn met die teerheid van ñ gentleman ‘s touch wat rakelings die ruwe rots
1 Lid, 73 gaste aanlyn