Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Suzette Strydom

Stil woestyn verlange

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 17

Swerf my gedagtes
na ‘n droӫ woestyn
met jou glimlag in my hand
voek ek hoe die verlange brand

My hart soek ‘n oase
waar hy kan rus
in die verte sien ek jou glimlag
en ek weet daar is koelte
en water vir my siel

Strompel…

Die vlaktes van my hart

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 17

My rooi-rooi hart speel-speel
in die watervoor
‘n fluistering saggies
teen jou hart se venster

oor die kanteling
van jou glimlag
kom die liefdes reën
oor vlaktes gejaag

en die wind
roer ligpatrone
wat dof’glimmer
in die groeiende skemer

Skoenlapper sag

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 16

Skoenlapper wyd wapper jou vlerke
Skoenlapper wyd wapper jou vlerke
as die reën sag stuif op grasperke
vertel jy ‘n storie oor die natuur
wat sag hier in my hart kom lӗ

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 167 gaste aanlyn

Bydraes – Argief