Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Paula Paxton

Gister en nou (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2021 4

Verborge in my doolhof
se nou-nouer gange,
verdwaal ek in my emosie,
verwens ek my verlange

wat geanker lê in jare
se onthou van bitterseer
toe hartsverweer se trane
my lewe sou beheer.

As oujaar sy gedagtes
oor my herninneringe waai
en die prentjies van verlede
in my verstand rondblaai

grou hartseer hom in my los
en vorm ‘n seerknopkeel
waar ek amper-amper
beter…

Dieper as ‘n gevoel (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2021 9

Hierdie tyd van die jaar is daar mos altyd ‘n tipe van euforie in die lug.
Oral sien ‘n mens rooi harte, lekkergoed en pragtige blomme. Die sappigste woorde word oor en weer op kaartjies gegriffel. Skoenlappers rinkink op die krop van jou maag en jou bene raak…

Wat is die gevoel? (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2021 8

Gevul met ruikers
en lekkergoed so soet,
pret in elke opsig
en oorvloed in jou goed.

Maar eerder

bystand as siekwees
sy kloue in jou skeur;
die dood amper wou wink
by jou tweemansdeur.

As woede kom skroei
oor verskille wat ons voel
en wanmoed se seer
oor jou hart kom spoel

maar vasstaan,

want liefde is gee en neem
al maak dit soms…

Erfdeel

Deur Datum gepubliseer: 14 Januarie 2021 5

Geen wanhoop wandel in my wese
met wortels gebind aan die Lewende Boom
as ek my daaglikse wandel
met bedekte gebed omsoom.

My oë sien reeds die wagtende glorie,
my hart jubel saam met Engelekoor
waar ek vashou aan my geloof
as die vyand sê ek’t reeds verloor.

Die dinge wat ek nog nie sien
is lewend…

BRONSINK (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 17 Desember 2020 5

Spartelend teen versmoring
waar ek in bronsink sink,
aamborstig in verstikking
as fobies my verdrink.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 79 gaste aanlyn

Bydraes – Argief