Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Paula Paxton

Genadefees (die geboorte van my Koning)

Deur Datum gepubliseer: 17 Desember 2020 4

Onder ‘n bedekking van Asem
uit ‘n donderkreun Stem
sweef beloftes van kronieke
in eeue vasgepen

waar Genade Homself sou blootlê,
in menswees uit sou stort
tussen mense sou wandel
hul kom red van sondelot.

Waar gesange in ‘n nag
van dankbaarheid weerklink
waak Hy ongesiens
om vergifnis uit te skink.

Stille…

Eenheid van ons (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2020 4

Knus in jou omhelsing
vorm ek myself
teen die aambeeld
van jou warm lyf,

waar ons tussen stiltes
lang gesprekke voer,
sonder woorde,
sonder stem.

In ons eenheid
is woorde oorbodig
want met ons koesterende liefde
het ons ewige samesyn

Plaaskersfees (Brons) 557 woorde

Deur Datum gepubliseer: 24 November 2020 5

Ella word wakker met die veraf klank van kersfeesmusiek in haar ore.
Lui vee sy die slaap uit haar swaar oë en beur orent.
Met ‘n tevredenheid in haar siel val sy weer terug tussen verekussings.
Vandag sal die eerste kersfees in agt jaar wees wat haar gesin weer…

Genade (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2020 10

In my treurende Jobskleed
het my klaaglied geween
onder moedverloor se vlakte
waar roet se roes reën.

Met swere oopgekrap
oor selfkastying van skuld,
breek die Woord voor my oop
vind ek alle hoop.

Ruis my siel soos die arend
vind ek krag in die wind,
vaar ek klapvlerk na bo

Bessie

Deur Datum gepubliseer: 26 Februarie 2020 11

#Limeriek (Brons)
Klein Bessie van Tant Essie
Dra ‘n vuilwit wessie
Speel romtomtalie
Val op sy alie
Word so ‘n kommer kwessie.
©Paula Paxton
26/2/2020

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydraes – Argief