Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Paula Paxton

Vet Faan

Deur Datum gepubliseer: 26 Februarie 2020 10

#Limeriek (Brons)
Vet Faan van die Tietiesbaai
Hou van onmin saai
Spoedig gee hy pad
Maar grond is nou te nat
En Hy val met groot lawaai.
©Paula Paxton
26/2/2020

Vervloekingskruis en ‘n doringkroon

Deur Datum gepubliseer: 12 Desember 2019 9

My vel breek met die insny van die doringsteek
wat hakskeur aan my vlees.
My bloed meng met grondstof aan my hand,
los ‘n taai mengsel wat blywend kleef.

Versigtig vleg ek die doringtakkies tot kroon,
probeer ek die snyseer vermy
en hang dit aan die bopunt
van ‘n…

Laat-lente ontwaking

Deur Datum gepubliseer: 20 November 2019 7

Na die nanag se ontwaking
glim die son in sagte goud,
verheug hom oor die reën
wat heelaas sy seën gebied het.

Die natuur is ‘n skoon palet
wat bars in kleur aksent
van maagdeblom sneewit geklee,
geringe spatsels van purper en pink.

Fladdervlerk vlinder kus blomme,
drink die druppels van oggenddou.
Veraf koer ‘n tortelduif
sy sagte danksegging gebed.

Ritmies…

Liefde in laat-lente (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 11 November 2019 10

In die winter het ek my saad gesaai,
diep onder donkergrond versteek,
waar roet en roes nie kon vreet
en vyand nie met verwoesting breek.

Daagliks het ek my vrug gewater,
met omspit van gebed die grond versag.
Geduldig het ek op goue gerwe gewag,
waak gehou oor my hemelprag.

In…

Onverstaanbare Genade

Deur Datum gepubliseer: 11 Oktober 2019 10

Onder die pynboom se skadu’s
wat swaar dra aan sy kroos
verdroog en oopgebars,
die sepiabruin dennebol,
.
waak ek in die vodde van my siel,
in windverwaaide bejammering.
verrimpeld, verrot
deur selfveragte smart
.
Welke die wete,
wit gewas.
rein verklaar.
Vrygekoop! In Kosbaar Bloed.

.
Met geen selfverdienste
vir n vuilbevlekte sondaar,
net genade onverstaanbaar.
wat Sy liefde nie verdien nie.

PAULA PAXTON©

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 99 gaste aanlyn

Bydraes – Argief