Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Roeline

‘n klug (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 29 Januarie 2022 7

ek is vasgevang
êrens in leemte
tussenin
twee verdeelde wêreld
gehok in pyn
met magteloosheid
verlang ek na rustigheid
my droomland
waar groen gras groei
horison geel geverf
land gevul met aroma
met voëltjies kletter
en diere veilig wei
maar dis ‘n klug
waar die realiteit
slaan my in verlange

chaos (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 14 November 2021 12

alle ruimte
alle tyd
in enkelheid
met biljoene galaksies
met biljoene sterre
alles wat daar is
en nog is
is net energie
in ‘n niksheid

met geen lig
geen tyd
geen vakuum
is net tydlose ewigheid
verval alles
meedoënloos
tot niet
in materie
van ‘n niksheid

en chaos neem oor

sielsvreugde

Deur Datum gepubliseer: 7 Oktober 2021 8

ons is leeg
krom onder die stilte en
tog blaas die laaste lentegeure
oor ons afgeslotenheid en
beeldkleur
eensaamheid na
ryk sielsvreugde

beloftes van veldblomme

Deur Datum gepubliseer: 21 September 2021 9

uitgeput is die winter
en die moegheid van grys
en die verleptheid van velde
behou die veldblomme ‘n belofte

soos die wind verse is
die sneeu ‘n voorgang
die reën ‘n refrein is

so is die blomknoppe die brug
en so vorm die fleurson ‘n lied
waar die aroma vrolik speel

neurie die veldblomme die belofte
en die varsheid…

lente

Deur Datum gepubliseer: 15 September 2021 11

kleurvolle lente
rooigeel blomme in oorvloed
pers geur my vrolik
wit weerspieël my trane
in verliefdheid en vreugde

*Let wel dit is ‘n tanka gedig en die foto is my eie foto (kopiereg)

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 334 gaste aanlyn

Bydraes – Argief