Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

stella

opdrag 8

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 59

sal jy steeds staan
neffens die draad, teen die son
as die honde met bloed en skuim
om bekke huil teen die maan;
as die mislikreën
teen die venster tik-tik, tik-tik
en die son gaan skuiling soek
vêr onder die venster
waar droog
die kosmos laat blom?

© stella

strellips: …

opdrag 7

Deur Datum gepubliseer: 26 Augustus 2018 21

die reuk van oggendlyf
eggo steeds teen die binnemuur
wat met voornagwarboel, sekuur
die smaak van pyn weg kon vryf
en die eksegese van òns teks kon beskryf;
uur
na uur
verder, verder weggedryf
na werklikheid van nèt wens
waar gister se soet
en lyflief steeds, weer die…

opdrag 6

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2018 19

want die mooi-mooi van cameo
en sondagbaadjie
versteek die hartseer van oorjas en voorskoot;

plooie en kommer (voor perfekte huis)
waar tandarts en suster
die geheimenis agter sonstoep en paisleygordyn in (bo)kombuis
die sy-my of hy-my die grys
van werklikheid verstoot:

vurkvrede,
Godsgebede

opdra 5

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2018 16

want jý, my lief, my lief
ken die taal van my lyf
as ek maskerloos die nog-nog
in jou koperboom kom hang;
lief my tog vir my wolke, my berg
met sterre wat helder in duisternis
(bittersoet)
vir hoofstraatbord sing
en ek ons name uit kan
S K R…

opdrag 4

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2018 19

en die leeus en monsters van die diep blou see
het die brood en wyn met vraatsug weggesluk;
krummels weggevee
en onder die swellings van branders
en varsvrotvleis
die genadeboot omgetiep;
die kuil se vloer het steeds spierwit, bloedloos
die eggo
eggo
eggo
teruggeskree;

en die leeus en monsters van…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 264 gaste aanlyn

Bydraes – Argief