Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Theresa Postma

Labirint

Deur Datum gepubliseer: 18 Januarie 2020 10

Brons

My lief,
aan die weskus loop die snoek in donker figure,
het winter weer gebeur.
Soos daardie dag is die see onderstebo,
onthou jy nog?
Onderstebo, met wolke soos bokkoms geryg
aan ‘n grou hemel waaruit vonke waai.
Jou oë se sagte kniel het ons liefde gehou
maar in…

Pelgrimstog

Deur Datum gepubliseer: 18 Januarie 2020 9

Brons

vir oom Frik Steenberg, ‘n vriend en digter (1943-2018)

Ek wou nog een maal hier huil
waar kleur in blomsaad rus, die lug wegsterf
as rooi katstert en kalkoentjies oor ver stiltes
klim-klim teen ‘n sandknop uit.
Hier word die onthou, sag gebrei op die skraapklip
droëntyd en hartbreek aanmekaar…

Laaste dans van die Grosvenor

Deur Datum gepubliseer: 20 Desember 2019 10

Dans vir my jy wat die hellevaart van die wind in jou seilree dra
jy met die uitgebolde maste en kruistogte
dans vir my as jou skeepskiel die vaarwaters breek
jy wat kyk na die gange van die maan.
Dans vir my jy wat kom deur die nag op…

Ekkerigheid

Deur Datum gepubliseer: 14 Desember 2019 7

Brons 170 woorde

Ek lees die woord raak in een van Berdéhand Brand se gedigte. Ekkerigheid. Oombliklik kom ek tot ʼn skokkende besef. Ekkerigheid is ook die ongedurigheid binne my, die afsondering, die rusteloosheid wat nie wyk wil kry nie. Dit lê soos ʼn stuk klipperaarde tussen my en Abba…

Draaibos

Deur Datum gepubliseer: 28 November 2019 10

Laat lente het ‘n draaibos haar takke grondwaarts gebuig
dit opgeswier met trossies bloupienk blom en blink blare
asof sy die lente wou nadertrek, en verlaas bemin –
o, laat my liefde nog één dag wees!

Diep teen die hellings trap haar suiers, oor die vlaktes
verby die skalie…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 152 gaste aanlyn

Bydraes – Argief