Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Anita van der Walt

Alzheimer ‘n chaotiese verwarring

Deur Datum gepubliseer: 20 Oktober 2021 1

Stadig vinnig verseker raak sy weg,
‘n lugleegte in haar denkwese van niks onthou,
haar menswees en lewenspad is nie meer geheg,
‘n enorme wêreldjie herinneringe waaraan sy vasklou,

‘n lugleegte in haar denkwese van niks onthou,
ontredderd moedig adem sy haar vrese bang,
‘n enorme wêreldjie herinneringe waaraan sy vasklou,
liefde in donker lewensskadu is…

Wat is… Flenters?

Deur Datum gepubliseer: 2 September 2021 7

Dis ‘n hart
met gestorte trane
‘n verskeurde siel
met net herroepte herinneringe

dit is flenters…

‘n pyn in verdoemde verlamde oë
‘n siel hang aan draaitjies vervlenterd
snikkende geskeurde lewe van verdriet

dit is flenters…

‘n lewe saam verhinder
‘n verhouding verloën
deur dood angstig uitgespel
V E R L A T E N H E I D

dit is flenters…

©…

Vryheid

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2021 2

Vroegoggend vrolike
sprankelend skone
waperende blink
naaldekoker met
deurskynende son

weerkaatsende
vlerke drink dors
aan oggendstond
se soete dou

gevorm op
vallende
blarebed

ligvoets
dansend

 vry.

 © Anita van der Walt

‘n Ode aan my Pa van ‘n Pa

Deur Datum gepubliseer: 30 Augustus 2021 5

‘n Ode aan ‘n Pa van ‘n Pa

Ek is trots om te kan sê ek is my pa se seun.
Op sy onvoorwaardelike liefde kon ek altyd op steun.
My ou Toppie se liefde en trots was soos sy hart, eg en reg.
Seer is dit diep in my hart, ek kan…

Die Kind … Is Dood

Deur Datum gepubliseer: 25 Augustus 2021 4

Die vroeë oggend se windjie waai koel oor my moeë liggaam. Die nag was lank, warm en sweet het my keer op keer na buite gedryf, opsoek na lafenis.

Die kind, sy het geglo als is mooi, almal is mooi, lelik het nie bestaan in haar lewe nie. Heellaas, ek…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 124 gaste aanlyn

Bydraes – Argief