Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Wendy Leigh

Liefde sterf

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2022 4

Goue trane val oor haar bleekwange
die môreson se lig flenters gegooi
seer gebosseleerde letsels in rooi
bring ‘n bitter brose sielsverlange

as sy net weer die vuur in hom kon plaas
sou liefde nie ‘n laaste asem blaas

Skrywerswens

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2022 3

Verlore ure waai soos windasem
blou berge hoor my hart se uitingsvers
vou dit knus toe onder jou rotskombers
waar wêreldpligte verdamp in wasem

sodat tyd ‘n ruk by my mag stilstaan
opgesluite drome weer voort kan gaan

©️Wendy Leigh

 

My huis, my musiek

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2022 5

My huis, my musiek

Vannaand speel my musiek saggies
tussen wondergesiggies
soos engele
vas aan die slaap

julle stemme is my musiek
julle geraas ‘n meesterstuk
die gelag my lofprysing
selfs die gekla stuur my in diep verwondering

elke noot ‘n lewensmelodie
lirieke vanuit die hemel
dit speel voor my af soos ‘n skouspel

hier begaan ons foute
stel ons weer reg
droom…

Die Velde Smag

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2022 11

Die Velde Smag

my siel verklaar
soos blomme kleurryk by liefde aard
soos hisop in my hart groei
dat jy die een is wat daarin pas
in my diepste wese hou ek jou vas

soos tapisserie borduur
elke oomblik bewaar saam met jou
geweef teen my binnemuur
elke uur
die fynste besonderhede onthou

jy is mooier as ‘n…

Vasdans

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2022 7

Vasdans

wilge jou takke om my middel
swaai my wiegend heen en weer
streel die binnekant van my seer
laat ons vasdans
mekaar se siele opbeur
neem jou blare
skerm my wanhopige skaduwee
uitgeteer en op liefde opgegee

ek soek al so lank na jou
‘n bas vol krake
om my nerfaf te skuur
van al die pyn te stroop
wat ek so moes…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 104 gaste aanlyn

Bydraes – Argief