Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Hartswoorde

Ek Sweef

Deur Datum gepubliseer: 7 Oktober 2020 7

Ek Sweef

Ek sweef op n wolk
ver bo die horison.

Die son se spiee”lbeeld
omhels my
en ek wonder is ek soos
Icarus te naby aan die son?

Koue lug bibber teen my vel.

Ek voel n kriewel van
fladderende vlinders.
Warm trane vul my oe”
en sypel teen my wang.

Druppels glyend
val ploffend na aardsryk
op gronde lank verdor.

Nuut gebore…

‘n Duisend Kerse

Deur Datum gepubliseer: 21 November 2019 7

‘n Duisend Kerse

Vir jou my lief brand ek ‘n duisend kerse.

Jou hare die geur van ‘n aandblom
verewig in ‘n uurglas stil.

Jou stem die klank van ‘n ster
verlate in die hemelruim.

Jou lippe sag, jou soene
soos seeskuim
‘n verdampte lugborrel.

Jou spore fyn vermom.

Jou liggaam ‘n silhouette van sjiffon

Elemente

Deur Datum gepubliseer: 21 Julie 2019 13

Elemente

windmeules fluister
liefdesklanke
deur die sterreruim

Jou skoonheid … is die melkweg

waterdruppels drip
laggend op ‘n vensterbank

fossiele vasgevang in tyd
verberg deur aardstof

vuurballe ontsnap
uit die hand van Ra

© L Barnard 10/09 2018 (Linlithgow Skotland)

Ek ken dit maar net as Fudge

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2018 9

Ek ken dit maar net as “Fudge”

Woensdag het die wind lelik baklei met ons en landwyd sy woede en krag behoorlik ten toon gestel. Bome is plek plek omgewaai en ander is kaal uitgetrek en al wat oorgebly het is nou verlepte blare. Vandag … …

jou lied, jou melodie

Deur Datum gepubliseer: 22 Julie 2018 10

22/07/2018
jou lied jou melodie – Da Capo (al fine)

“Die lewe is ‘n lied” antwoord die vriendelike polisieman vir my so op sy sangerige manier van praat en ons lag te lekker oor sy “sê ding”.

Vandag was ook nie veel anders gewees nie “die lewe is ‘n…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 297 gaste aanlyn

Bydraes – Argief