Slaapliedjie .
Jy dring deur my porieë
waar jy my siel kom paai
klop my hart al skoppelmaai
my moegheid is aan’t verdwyn
jou slaapliedjie die kalmeer my
hang liefde aan die hemelruim
in jou teenwoordigheid
met jou geruislose glimlag
maak jy my storms stil
al draai warrel die wind
dit bring geen donkerte in elke dag
met my oë op jou welstand
in ʼn kus wind soen wat verewig
ʼn traan sal bring in my oë
bad jy my in jou heuning stem
soos die son wat lig gee
in ʼn spontane dank aan jou
by jou strande daar sal jy my kry.
07/10/2015 om 21h19.
4 Kommentare
-
-
neels
Arnold jy verdien tien goue sterre hier
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie mooi Arnold