
Snaakse Regte
algemene kennis
uitgebaklei in oeroorloë
herinneringe geets op tablette
aangepas deur geleerde geskrifte
gee geboorte aan geverifieerde valsuitsprake
eie kennis
opgebou oor geslagte bloed knieë
onthou uit dag en nagtelikedrome
aangejaag deur ontydige blase
gee boetiek antwoorde in algehele verwarring
dade gebaseer
op korrupte geheuebanke
gedryf deur natuurdrange
ontpop lukraak ooral
in chaos
jy & ek weet
dat ons op geen basis
weet wat reg is
ons regte,
ń onreg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.