Snipperseer
Snipperseer (BRONS)
Ek sál weer perskes pluk en inlê;
in absentia vir jou dankie sê
dat ons saam kon plant en groei en blom.
Wie kon weet jou winter gaan so skielik kom?
Al my jou-onthou bly nou gebottel binne my;
sal my snipperseersoet deur die droogtetye lei.
©ASvdMerwe
3 Kommentare
-
Seirdna
Baie goed gestel Annemarie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek