So bekend.
Hy het geen doel en strewe
alles en niks in sy lewe
sit hy stil en droom.
Plotseling praat hy gevaarlik
dan word hy weer inskiklik
oor verwarde duister dinge.
Sonder om te redekawel
is alles dwase beskouinge.
Buig hy sy nek gevaarlik aanvallig
met beliegde beloftes lieftallig.
Nog altyd vind hy reëls wat rym
dat gans die wêreld weergalm.
In watter doel en orde
kies hy nog altyd die ode
die uitstel van die verbintenis
bo die finaliteit van beloftes.
3 Kommentare
-
-
Anze
Mooi gepen Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
die uitstel van die verbintenis bo die finaliteit van beloftes. Hierdie spreek boekdele. Mooi gepen.