So trotseer ek ook die deelbaarheid.
Met my eerste aankoms van glans en skyn
begroet ek die skyn van my eerste sekonde
so mooi as syn in my prag en praal
trotseer ek ook die deelbaarheid
in twee gelyke heel getalle.
Die stryd tussen syn en nie-syn dit is skyn
al word ek in die stryd selfs oopgevlek
want alleen kon ek U vertrou in my gebrek
dat in hierdie wêreld van skyn
tog; U is wat selfs ʼn sondaar lief kan hê
en wie kan leef as hy nie langs U die pad kan loop?
Kan ek tyd gespe wat aan my verleen is?
Kan ek my saak volkome as mens verloor?
Ek daag uit, die tyd
dat ek my sal skik na grens en daad
die een word dit gegun
en dát word my belet
tog tevrede met die plek wat U vir my bepaal.
6 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
So is elkeen se pad reeds uitgelê. Pragtig inspirerend gepen.
-
Anze
God alleen ken die toekoms en elkeen se unieke pad is uitgele ... pragtig gepen Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
soos altyd kom Arnold se unieke talent hier sterk na vore