
Soet is die geur van Afrika.
Soet is die geur van Afrika.
Sal Boerekind vry asemhaal agter die laerkraal
waar hoop van ʼn Boerseun sal verander in ʼn seën
in die fleur van maanskyn blink sonder twyfel in ons dink
staan ons voet op wat Afrika ons bied sing ons ons erfnis lied
herrys môrestond elke keer oor berghang om God te eer
aan tafel onder skemerkers verenig in gesangevers
kom dien bedsprei as altaar vir die knielende martelaar
herrys ons smeek gebede na bo al is ons krag hoe geboë
ons oë gerig op die Kruis.. brand hoopsvaandel al hoër
dis die behoud waarin ons glo al woed die ander se oë
wêreldgerigtes met hul wreedheidsoë staar na waarin ons glo
standvastig op jeugdige fleur nie onder andermanshumeur
waar son rooi hang soos bloed wie gaan vir wat boet?
17/12/2015 om 9h00
8 Kommentare
-
-
Amaspoke
Pragtige werk !!!
-
Anze
baie goed gepen Arnold
-
neels
Afrika geur!! pragwerk Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Sjoe jy het dit goed gedoen!