Jongste aktiwiteit:

Soet lê die spore Woorde 238

Soet lê die spore

*

Afrikaans, jou lekker taal, wat so glad op die tong krioel. Soet val jy op uitlanders se ore wat jou nog nooit gehoor het; hoe jy jolig baljaar tussen die alfabet se klinkers en medeklinkers. Menige sinonieme vir die woord ‘onbekende’ glip oor ons tonge wat my en jou lewe daagliks kom inkleur.

Vreemdelinge loer en verluister hul alewig skaamteloos aan my tong-juweel-aksent … sonder dat ek enige iets gewaar.

My Moedertaal is vir miljoene mense ʼn onbekende taal; ʼn taal waarvan net ʼn fraksie uit die wêreld bevolking van kan droom en praat. Rare sinsnedes en eiesoortige idiome trek altyd die aandag en ontlok spontane gesprekke.

Hierdie taal is gebou en geskaaf uit vreemde tale, tog ook so na aan Nederlands, Engels en Duits.

Afrikaans het menige storms oorleef … al wil obskure menings en onderdrukking, wat al vir jare hul slagtande geslyp het om hierdie unieke taal te verkleineer, sal sy altyddeur bly groei.

In die hede het soveel druk op hierdie taal kom lê, dat jy op die mees afgeleë plekke jou vasloop teen hierdie jong taal, ʼn skrale honderd jaar volkome weg van Internasionale erkenning as bestaansreg.

My Moedertaal is nie meer verdag … soos toe sy ongenaakbaar onder die Engelse dwingelandy moes deurloop. In die hede tas Afrikaans nie meer in die duister rond, maar beklee status as die vyf mees ontwikkelde tale, onder al die wêreldtale.

Lank sal hierdie Skone taal triomfeer.

*

©Arnold

10 Junie 2024 om 11h34

Woorde 238. Artikel.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed