Solank jy my hart nie verskeur.
Jou blik laat my bloos
en bring my hart in beswyming,
asof my keel my hart wil vermoor.
Almal kan maar kyk met hul blik,
ek word verswelg deur jou betowering.
In vervoering laat jy my wonder,
as jy my sou begelei
na ʼn droomwêreld van geluk.
Soepel en elegant,
dwaal jou oë oor my gewaad,
so streel dit my siel,
solank jy my hart nie verskeur.
Ja, so begelei jy my
na ʼn vreemde wêreld van innerlike jolyt.
6 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig Arnold
-
Kiekies
Innerlike jolyt....eerste keer dat ek so beskrywing hoor. Wel gedaan en pragtige foto.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
As dit kom by romantiese gedigte is Arnold die koning